CD's - Daar's musiek

Hierdie is 'n album met 'n ligte hart, al het sekere van die opnames geskied in tye wat vir my moeilik was. Teen 1992 het ek ook reeds vir 'n paar jaar swaargekry met gesigspyn/neuralgiese pyn, wat my geweldig vermoei het en selfs my sang beÔinvloed het.

Singery is immers baie soos sport, deurdat dit 'n werk is wat spierfiksheid en spiergesondheid vereis. Wanneer ontsteking, spasma of pyn intree, word dit 'n opdraande stryd!

Terselfdertyd het ek ontelbare seŽninge om voor dankbaar te wees en deur genade 'n onblusbare lewensvreugde. Dit word duidelik weerspieŽl in die lirieke van die album. Dan hou 'n heerlike, gesonde sin vir humor my en my gesin op koers deur die 'oppe en affe', sodat As ek kon, Daar's musiek en SÍ nou net ek sÍ ja, sommer vrolik saamgesels.