CD's - Soos ou vriende

Binne 6 maande het hierdie album goue status bereik en het die landswye optredes, toere met my orkes en TV opnames ononderbroke aangehou.

Ek, my 3-man orkes, saam met 'n tegniese span van twee, het die paaie platgery na uithoeke van ons land en die noue band wat ek met my groep kon handhaaf, was vir my baie kosbaar.

Vanaf 1983 het ek voltyds met lewendige begeleiding gewerk, en dit was eers in 1996 wat ek vir die eerste keer klankbane moes begin gebruik!

(Later meer hieroor!)

"Soos ou vriende" is ook aangewys as Teletreffer wenner en het op Afrikaanse Treffers as finalis groot hoogtes bereik.

Een van die mees besondere liedjies wat ek nog opgeneem het, "Ek mis jou so", was op díe album ingesluit en die liedjie roer nou nog vele harte. Mike Faure het die saksofoonsolo onverbeterlik gedoen en bygedra tot die diepte van die musiek.

'n Besoek van twee weke aan Namibië in die middel tagtigs - waartydens ons 'n groot TV program onder leiding van Johan Stemmet aangepak het - het my onder andere by Kolmanskop (sowat 20 km vanaf Lüderitz) uitgebring. Die spookdorpie wat eens 'n swierige goud-delwersbrandpunt was, het my aangegryp en die liedjie wat ek oor Kolmanskop geskryf het, hou nog steeds 'n unieke plek in my hart.