CD's - Ek glo

Die liedjie "Ek glo" hou nou nog vir my besondere betekenis, want die woorde dra my vaste oortuiging van geloof en hoop. "Van toe af tot nou" dra beelde wat vir my kosbaar is, en is opgedra aan my ouers wat my inderdaad deur al die jare dra en onderskraag.

Frankryk speel 'n rol in hierdie album, want ek was bevoorreg om die beeldskone lied "Un jour, un enfant" - ''n dag, 'n kind' - wat deur Frida Boccara bekend gemaak is, op te neem. Dan het my eie liedjie "Antibes", oor indrukke van die dorp in die suide van Frankryk, ook die album gehaal, waaroor ek

verheug was. Ek het op 'n vlooimark in die ou gedeelte van Antibes, 'n blink, ou sleutel gekoop vir 'n appel en ei. Die verkoopsdame het my verseker dat dit 'n "clef de bonheur" is, 'n sleutel van geluk, en ek het die liedjie daarom gebou.

EK GLO is opgeneem in my tiende jaar in die musiekbedryf en was daarom ook vir my 'n besondere baken.