CD's - Ek wil jou ken

In 1984 het ons 4 nuwe nommers opgeneem, 'n nuwe omslag ontwerp en "EK WIL JOU KEN" uitgereik. MFP het die langspeler aanvaar vir verspreiding, en die album het dubbelgoud en later platinumstatus vir verkope oor 50 000 eenhede behaal!

Die temaliedjie "Ek wil jou ken", het ek as opdragwerk geskryf vir die Jan Scholtz TV-reeks SKOPPENSBOER, wat 'n besondere voorreg en geleentheid was.

In 1984 het ek kennis gemaak met

Christa Steyn, een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers en komponiste.

Haar liedjies "Eerste liefde" (nou nog 'n gewilde nommer), "Aai, aai Meraai", "Bly by my" en "Luister na die wind" (liriek Celia Barnard), het 'n spesiale bydrae gemaak tot die sukses van die album.

Dan was daar natuurlik "Neem my op vlerke", wat een van my persoonlike gunstelingnommers van alle tye bly. Die liedjie het woema en diepte en ritme en skoon lyne - die ware Jakob!