CD's - Ken jy my

Met al die optredes in die vroe tagtigerjare, was ek bevoorreg om etlike kere saam met Koos du Plessis op te tree. Vandaar kom die opname van Koos se liedjie Najaarsdroom wat my nog steeds na aan die hart l.

Dit was Koos wat 'n kasset propvol puik liedjies, geskryf deur Ruben Lennox ('n onderwyser van Worcester), aan my gegee het om deur te luister. Daar hoor ek toe vir die eerste keer "Sewe sakke sout", "Rooi Kitaar" en "Wie ry saam" !

Dit was my pa wat die heerlike storie van Sewe sakke sout na waarde geskat

het, en aangedring het dat die liedjie op my tweede langspeler ingesluit moes word. So het dit toe ook gebeur dat die liedjie beland het op Kant 2, snit 6 en daarvandaan soos 'n stoomtrein gestorm het deur die land! Op die nasionale Top 10 het "Sewe sakke sout" tweede gedraai en die liedjie is selfs as Solus 7 kortspeler uitgereik om te voldoen aan die aanvraag.