Neem my saam, hou my
vas by jou, laat my glo in jou
ek weet jy sou so graag wou
Kom saam met my en dra my saam op vlerke van die
wind
Kom ons soek die kind wat roep in ons,
wat skyn en haat wil agterlaat
en waarheid vind
Kom saam met my, kom saam met my
Ek wil jou ken, ek wil jou ken
Kom saam met my, kom saam met my
Ek wil jou ken
Hier’s my hand, bly naby my , ek soek na jou
en jou oë sê jy soek na my
Kan jy my volg, my glo en saam met my op vlerke
sweef
Kom ons vind die kindwees diep in ons
wat leuens en vrees verby laat wees
wat waarheid leef
Kom saam met my, kom saam met my
Ek wil jou ken, ek wil jou ken
Kom saam met my, kom saam met my
Ek wil jou ken
Ek wil jou ken…