CD's - Treffers op versoek

In 1998 is daar uiteindelik vir die heel eerste keer 'n treffer-samestelling van my liedjies uitgereik. Wanneer 'n mens kyk na hoeveel kompilasie-albums ander kunstenaars die lig laat sien, is dit verklaarbaar dat díe samestelling vir my so 'n hoogtepunt was.

Liedjies vanaf 1980 tot 1992 is hierop ingesluit, 'n totaal van 23 nommers! Tog het ons steeds 'n klompie groot gunstelinge uitgelaat soos "Groot Okavango" en "Vredeslied".

Miskien kan ek dit binnekort regstel met 'n opvolg!

Anneli het op 3 Oktober 2001, by AARDKLOP, 'n Goue Album Toekenning ontvang vir verkope van meer as 25 000 eenhede van TREFFERS OP VERSOEK!

Die toekenning is namens EMI oorhandig deur Lydia Winchester, vlakvoor Anneli 'n ongelooflike vertoning in 'n volgepakte ATKV amfi aangebied het. Anneli beskryf die optrede as 'n absolute hoogtepunt in haar loopbaan, wat nou reeds strek oor 21 jaar.