CD's - Voel die lewe

Ek voel dat hierdie album meer om die lyf gehad het as wat omstandighede toegelaat het. As gevolg van 'n oorgangsfase in maatskappye, is VOEL DIE LEWE die enigste van my albums (behalwe KLEINVERLANG), wat nooit op CD uitgereik is nie!

Ek is tans weer terug onder die EMI vaandel en gaan voelers uitsteek oor die moontlikheid van 'n Versamelaarsuitreiking. Miskien is 'n beperkte oplaag tog moontlik, sodat my totale musiekbank darem op enkele rakke kan pryk!

Die album is vol liedjies wat my steeds na aan die hart lÍ: onder andere "Dink nou net", een van Marietjie Stoop se juwele;

"Kaapse droom" - wat ek op 'n reŽnverwaaide, grys dag geskryf het en "Jy is my 24 uur" wat nou op my nuutste 2001 album 'n rooiwarm rissie remix beleef!

Dan is daar nog "Skoppensboer", my eerste poging as temalied vir die gelyknamige TV reeks van Jan Scholtz. Ek het hierdie dramatiese nommer gaan voorlÍ, maar Jan het gevra dat ek asseblief iets meer romanties moet probeer, waarna ek "Ek wil jou ken" geskryf het. Die romantiese een is as temalied aanvaar!

"VOEL DIE LEWE" se liriek weerspieŽl my lewensfilosofie met 'n wip in die stap, terwyl die ander nommers wissel van ballades en my toonsetting van 'n A.G. Visser gedig, tot heerlike ritmes!