Meer van my

Anneli, n gebore Pretorianer, is van jongs af doenig met musiek. Op 14jarige ouderdom begin sy komponeer en reeds in haar matriekjaar word haar bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse liedjie deur die F.A.K. erken met n spesiale penning.

In haar eerste jaar aan die Universiteit van Pretoria, bied sy n weeklange Debuutprogram aan by die PU vir CHO, olv Prof Teunis Botha. In Oktober van dieselfde jaar (1979), word Anneli aangewys as dubbele kategoriewenner asook Algehele Wenner van die nasionale ligte musiekkompetisie, ATKV CRESCENDO.

In November 1979 word sy deel van die hoogaangeskrewe kunstenaarspan vir die reeks MUSIEK en LIRIEK, wat baanbrekerswerk vir n nuwe Afrikaanse musiekbewussyn bewerk het.

Haar eerste langspeler NEEM MY SAAM word in 1980 uitgereik en behaal spoedig dubbel goue status.

Verskeie SARIE-nominasies, talle televisie optredes en landswye optredes volg.

In 1982 word die langspeler KEN JY MY, asook die solussewe-treffer, SEWE SAKKE SOUT uitgereik. Beide bereik dubbel goue status. EK WIL JOU KEN word in 1984 uitgereik en die plaat word met platinumstatus bekroon.

Na die voltooiing van haar B.A. Graad aan die Universiteit van Pretoria, is sy deeltyds werksaam by TRUK (Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste), waar sy as Organiseerder van Ligte Afrikaanse musiek, die gewilde musiekreeks KERSLIG, VERS & MELODIE, vir n verstommende speelvak van meer as 10 jaar aanbied. Sy l haar in die jare toe op die klank, beligting en rege van meer as 240 geslaagde produksies. In 1985 onderneem sy ook n drie maande lange studietoer na Europa, om haar kennis van verhoogproduksie uit te brei.

Kort na haar terugkoms word Anneli se trefferplaat EK LEWE uitgereik. Die musiekvideo word as een van die vier gewildstes aangewys op TELETREFFERS, en ook op die radioprogram AFRIKAANSE TREFFERS as treffer van die jaar bekroon. Die album behaal platinumstatus.

SOOS OU VRIENDE volg in 1988 en behaal binne enkele maande goue status.

In 1989 vier Anneli haar 10de jaar op die verhoog met die uitreiking van VOEL DIE LEWE, en haar 10de jaar van opnames word in 1990 beklink met die puik album EK GLO. Gedurende 1992 is n samestelling van haar eerste 2 langspelers EERSTE JARE uitgereik, met n opvolg-album, DAARS MUSIEK!

In 1993 val die eer Anneli te beurt om Suid-Afrika te verteenwoordig by die WHITE NIGHTs FESTIVAL in St. Petersburg, Rusland, waar sy twee Afrikaanse liedjies met groot sukses vertolk.

As skeppende kunstenaar het sy die temaliedjies vir 3 TV-reekse gekomponeer en is meer as 50 van haar eie komposisies en oor 100 van haar lirieke reeds opgeneem. Die toonsetting van gedigte beklee n ereplek in haar kuns- en musiekbelewenis.

Die album MEER & MEER wat in 1996 die lig gesien het, het Anneli se trefkrag weer bevestig en op aanvraag is haar album TREFFERS OP VERSOEK in 1998 uitgereik. In Oktober 2001 word hierdie CD by Aardklop bekroon met n Goue toekenning vir verkope van meer as 25 000.

Vir etlike jare reeds het Anneli n aandeel in geestelike programme, veral in samewerking met Prof Teunis Botha en Innes & Greta Benad. Haar loflied-treffer HALLELUJA het in 2002 n LIERtoekenning van die ATKV ontvang, terwyl haar eerste geestelike album SENBEDE, in 2003 beide die GERAAS Musiektoekenning, sowel as die Algehele LIER ontvang het as die beste Geestelike album vir 2003.

Die album, WEERKLINK met Halleluja, is ook in 2003 heruitgereik, met 5 heerlike bonussnitte en n splinternuwe baadjie.

Intussen bly landswye optredes en televisieverskynings aan die orde van die dag en pak Anneli en haar span graag uitdagings aan. Tans is sy betrokke by n uitsonderlike projek saam met die TransOranje Skool vir Dowes, waar 12 leerders met gebaretaal roerende vertolkings doen op n wye verskeidenheid van Anneli se liedjies.

Die deure van Anneli se Produksiehuis is ook onlangs geopen, waar musiekvideos en videoproduksies vervaardig word n groot droom wat verwesentlik word!

10 Interressante vrae - Junie 2001