PERSVRYSTELLING - Augustus 2005

25!

1980 tot 2005 - 'n reis wat eras oorbrug en 'n roete wat onlosmaaklik vas is aan Suid-Afrika en sy mense.

Dis die musiekloopbaan van Anneli van Rooyen, wat in 1979 as algehele wenner van ATKV Crescendo aangewys is.

Sedert die eerste klanke van "Seemeeu" en "Ek kan dit nie keer" van die "Neem my saam" plaat in 1980 oor die radiogolwe gehoor is, het harte dwarsoor die land vir haar oopgegaan, en deur al die jare sedertdien, oopgebly.

Anneli se musiekerfenis sluit die geliefde Skoppensboer TV temaliedjie "Ek wil jou ken" in, en reuse treffers soos "Eerste liefde", "Neem my op vlerke", "Soos ou vriende", "Ek lewe", "Halleluja" en etlike ander.

"Sewe sakke sout", haar wegholtreffer van 1982, was die laaste snit op Kant B van die "Ken jy my" plaat - 'n op die nipper besluit wat geskiedenis gemaak het!
"Eerste Jare", "Kleinverlang", "Ek wil jou ken", "Ek lewe", "Soos ou vriende", "Voel die lewe", "Ek glo", "Daar's musiek", "Meer & meer", "Treffers op Versoek", "Weerklink" en haar laaste album "SeŽnbede", wat beide die ATKV Lier, sowel as die GMT SABC2 toekenning vir Beste Geestelike album ontvang het vir 2003/2004, het gevolg.

Gedurende 2004 het sy 'n breinoperasie ondergaan vir die behandeling van Trigeminale Neuralgie, wat haar sedert 1988 aan erge pyn onderwerp het. Hoewel 'n persentasie pyn steeds teenwoordig was, het die operasie haar lewe aan haar teruggegee en sien sy dit as absolute genade van Bo. 'n Opvolg operasie in Maart 2005 het haar agv ernstige adrenale uitputting 'n groot terugslag toegedien, waarvan sy steeds herstel.

Hierdie jaar vier sy die terugkyk oor 25 jaar, maar ook - soos altyd met Anneli - die vorentoe en boontoe.

Saam met haar verwerkers en opname-span van Protrax in Pretoria, beplan Anneli om onder andere 'n nuwe geestelike album op te neem sodra haar kragte dit toelaat en sy vertel met oŽ wat blink dat massas wonderskone musiek wag om gesing te word.

'n Uitsonderlike feessamestelling van haar musiek oor die afgelope 25 jaar word dv nog hierdie jaar deur EMI uitgereik.

Optredes , Besprekings en Video's: 
Elouna Ollewagen - (012) 460 7777 / 072 154 7596