Transoranje
 
Transoranje en Anneli span saam in unieke produksie

"Halleluja vir Dowes" is 'n unieke musiekproduksie wat nie gemis mag word nie! Anneli van Rooyen is hier op haar heel beste te sien saam met leerlinge van die Transoranje Skool vir Dowes in 'n produksie wat spesiaal saamgestel is om 'n besonderse ervaring vir beide horende en dowe gehore te wees. Die beskrywende en gevoelvolle lirieke van Anneli word hierin meesterlik in gebaretaal geÔnterpreteer wat enigeen sprakeloos sal laat en emosioneel sal aanraak.

'n Groot verskeidenheid liedjies met besondere lirieke is spesiaal uit Anneli se albums van die afgelope meer as twintig jaar gekies sodat die leerlinge van Transoranje dit in gebaretaal kan weergee. "Dit is vir my 'n besondere voorreg en baie spesiaal om saam met die kinders op te tree" sÍ Anneli. " Ek is baie opgewonde oor die projek en is dit vir my 'n hele nuwe uitdaging!"

Vir meer besonderhede en navrae om in u omgewing op te tree, kontak Carien Marais by Tel: (012) 386 6072 of Sel: 082 480 4866.